Christiaan de Wet; ’n lewensbeskrywing
€25.00
Hardeband, (8), 283 bladsye
Met die versameling van stof vir hierdie lewensbeskrywing, het ek ontdek dat daar haas geen persoonlike briewe van generaal De Wet bewaar gebly is nie; en, verder, dat kosbare bronne verlore gegaan het. Dit is die geval gewees veral met betrekking tot die papiere en dokumente wat hy oral met hom meegeneem het in sy waentjie.
Op 2 Maart 1902 was hy verplig, deur die altyd groter wordende druk van die Engelse troepemagte, om die waentj ie af te skaf ; en hy het toe al sy papiere in die grot op die plaas van generaal Wessel Wessels weggebêre. Twee dae daarna het ‘n mag van die vyand, onder kolonel Rimington, die grot ontdek, en daaruit die dokumente weggeneem. Is die dokumente bewaar, en is hulle nog êrens te vind?
Ander dokumente van waarde is ook verlore gegaan gedurende die gebeurtenisse van die laaste maande van 1914, en ook as gevolg daarvan, dat generaal De Wet verskillende male van plaas tot plaas verhuis het, ook na die oorlog. Maar alles wat ek kon bemagtig, het ek geraadpleeg : Volksraadsnotule van die Oranje-Vrystaat, en die Oranje-Rivier-Kolonie, parlementêre stukke in verband met wat daar in 1914 plaasgevind het, oorlogsboeke, lêers van koerante.
Onskatbaar was veel wat ek uit die mond van generaal De Wet gehoor het gedurende die oorlog, en, veral, op ‘n lang besoek wat ek, enige maande gelede aan hom op sy plaas gebring het.
Uitgever: De Nationale Pers, 1920
1 in stock




